Energie-ontwikkeling

Energie-ontwikkeling

Wêreld energieverbruik per brandstof 1990-2041 OIE 2017

Amerikaanse energiegebruik/vloei in 2011

alt= Geskatte Amerikaanse energiegebruik/vloei in 2011. Energievloeidiagramme toon die relatiewe grootte van primêre energiebronne en eindgebruike in die Verenigde State; die brandstowwe word op 'n algemene energie-eenheidbasis vergelyk.

Energie vloei-diagramme toon die relatiewe grootte van primêre energiehulpbronne aan asook die eindgebruike daarvan in die VSA; brandstowwe is op 'n gemene energie-eenheidsbasis vergelyk. (2011: 97.3 quads).[1]
Saamgestelde – en stralingsenergie skep elektriese strome / benut werking wat vrygestel word.

Energie-ontwikkeling[2][3][4] is die pogings wat daarop fokus om voldoende primêre energiebronne [5] en sekondêre energievorms beskikbaar te stel om aan die behoeftes van die samelewing te voldoen.[6][7][8][9][10] Dit sluit die pogings in wat voorsien in die produksie van konvensionele, alternatiewe en hernubare bronne van energie, asook die herwinning en hergebruik van energie wat andersins verlore sou gaan. Energiebewaring en effektiwiteitsmaatreëls verminder die impak van energie-ontwikkeling en hou voordele in vir die samelewing met verandering in ekonomiese koste asook verandering in omgewingsake.[note 1]

Kontemporêre industriële samelewings gebruik primêre en sekondêre energiebronne vir vervoer en die produksie van vele vervaardigde produkte. Groot industriele populasies beskik oor verskeie ontwikkelings– en afleweringsdienste vir verspreiding en benutting van energie deur die eindgebruiker. Hierdie energie word gebruik deur mense wat dit kan bekostig om in verskeie klimaatstoestande te leef deur die benutting van verwarming, ventilasie en/of lugverkoeling.  Die mate waartoe eksterne energiebronne gebruik word, verskil tussen gemeenskappe afhanklik van die vlakke van verkeersopeenhoping en bronne van besoedeling, [11] en beskikbaarheid van huishoudelike energie bronne.

Die konvensionele energie-industrie bestaan uit die petroleumindustrie  [note 2][note 3] elektrisiteitsindustrie [note 4] die steenkoolindustrie en die kernkragindustrie. Nuwe energie-industrieë sluit in die hernubare energie-industrie. Dit behels die alternatiewe en volhoubare vervaardiging, verspreiding en verkoop van alternatiewe brandstowwe. Tesame met die ontwikkeling van nuwe koolwaterstofbronne [12] asook diep water / horisontale boorwerk, is daar toegewyde pogings om bronne van alternatiewe en hernubare energie te ontwikkel om sodoende 'n vermindering in klimaatsverandering te bewerkstellig.

  1. Lawrence Livermore National Laboratory–Energy flow chart Geargiveer 1 Oktober 2013 op Wayback Machine, 2011
  2. The Federal nonnuclear energy research and development act (Public Law 93-577) section 11, environmental evaluation: report to the President and Congress.
  3. The Social impacts of energy development on national parks: final report By United States National Park Service, University of Denver.
  4. Assessment of Energy Resource Development Impact on Water Quality, Volume 1.
  5. Resources for the twenty-first century: proceedings of the international centennial symposium of the United States Geological Survey, held at Reston, Virginia, 14–19 Oktober 1979 .
  6. The Homeowner's Guide to Renewable Energy: Achieving Energy Independence.
  7. Renewable Energy Sources for Sustainable Development.
  8. Renewable Energy Sources and Climate Change Mitigation: Summary for Policymakers and Technical Summary: Special Report of the Intergovernmental Panel on Climate Change.
  9. Solar Energy and Nonfossil Fuel Research.
  10. Final Report of the Task Force on the Availability of Federally Owned Mineral Lands, Volumes 1-2.
  11. Hydrocarbon Bioremediation, Volume 2 edited by Robert E. Hinchee
  12. Exploitation of Hydrocarbon Resources: New Solutions in Energy Supply : Overview 1995–1998.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "note", but no corresponding <references group="note"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search